Slagvelde Toer

Aangebied deur  Toer Suid Afrika  

Reisplan - 8 Dag Slagvelde Toer

Battle of Blood river Isandlwana - KwaZulu-Natal Ladysmith Seige Museum

Slagvelde Toer
Datums : Beskikbaar by Navraag
Pryse : Beskikbaar by Navraag
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek, Toer Gidse, Portiergelde
Aandete, bed & ontbyt
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies is vir u eie rekening

Dag 1
Welkom op ons Slagvelde toer van die Slagvelde van KwaZulu-Natal. Hierdie gebied is die mees gekonsentreerde slagvelde area in Suidelike Afrika, en is ryk aan geskiedenis, met besonderse natuurskoon, wildlewe, asook kreatiewe kunstenaars. Ons vertrek vanaf Gauteng vroeg in die oggend, en mik na die Drakensberge waar ons oornag op Aandete, Bed & Ontbyt basis, in die omgewing van Winterton, in die groen provinsie van Suid-Afrika, KZN.

Dag 2
Na ontbyt, vertrek ons om die geweldig interessante slagveld van Spioenkop te besoek. Daarna gaan ons na die areas in en om Ladysmith en Dundee, vir baie interessante uitstappies na die vele slagvelde, waar daar vele skermutselings en veldslae plaasgevind het tussen, Zulus, Boere, en Britte. Hierdie gebeure word ook uitmuntend uitgelê met vele uitstallings en uitleggings in die verskeie museums. Ons oornag op Aandete, Bed & Ontbyt basis, in die omgewing van die Slagvelde.

Dag 3
Ons gaan verken die gebied rondom Winterton. Baie interessante handwerk word gedoen en aangebied in die area, wat ‘n groot aantreklikheid bied vir besoekers. Later woon ons 'n lewendige uitvoering by, van die bekende Drakensberg Seunskoor. Vannag slaap ons oor in die omgewing van Winterton, op Aandete, Bed & Ontbyt basis.

Dag 4
Ons spandeer die dag in die omgewing van Ladysmith en Dundee, waar ons die bekende slagvelde van onder andere Isandlwana en Rorke’s Drift besoek, asook Talana Museum. Vannag bly ons oor in die omgewing van Winterton, op Aandete, Bed & Ontbyt basis.

Dag 5
Vandag vertrek ons vanaf die Slagvelde terug na Gauteng, en neem nogmaals die wye vistas en natuurskoon in, op ons pad oor die Drakensberge en deur die wye Vrystaat. Dit bring ons aan die einde van ons baie interessante Slagvelde toer, met nuwe opgeskerpte kennis van hierdie deel van ons geskiedenis van Suid-Afrika Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom op nog 'n heerlike toer saam met Toer Suid-Afrika.

CLICK HERE TO CONTACT US