7 Dae Tuinroete Toer

Aangebied deur   Toer Suid Afrika

Reisplan - 7 Dae Tuinroete Toer

Kaap Agulhas Tafelberg Cango Caves

Die Tuinroete toer skop af met 'n vlug van Johannesburg na Kaapstad. Plekke wat besoek word is onder meer: Hermanus, Kaap Agulhas, Arniston en die Waenhuiskrans-grotte, Bredasdorp, Swellendam, Mosselbaai, George, Oudtshoorn en die Kango-grotte en Volstruisplase, Klein-Karoo, Knysna, Stormsrivier, Tsitsikama en Gqeberha.
Tuin Roete Toer
Datums : Beskikbaar by Navraag
Pryse : Beskikbaar by Navraag
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek, Retoer vlugte, Toer Gidse, Portiergelde, Aandete, bed & ontbyt.
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies is vir u eie rekening.

Dag 1
Welkom op ons Tuinroete toer langs die suidkus van Suid-Afrika, vir 'n avontuur van mooi plekke en nuwe vriende! Ons vertrek vroeg vanaf Johannesburg na Kaapstad, waar ons ons toerbus ontmoet, en vertrek vandaar na Hermanus vir 'n oriƫntasie-toer. Ons gaan na Kaap Agulhas en besoek die mees Suidelike punt van Afrika, waar die Indiese en Atlantiese oseane ontmoet. Daar sien ons ook die oudste Ligtoring in Suid-Afrika, opgerig in 1849. Ons oornag in Arniston omgewing op Aandete, Bed & Ontbyt basis.

Dag 2
Na 'n goeie nagrus en ontbyt, besoek ons die Waenhuiskrans-grotte in Arniston. Ons vertrek na Bredasdorp waar ons die Skeepswrak-museum besoek, en reis verder deur Swellendam om die besonderse Kerk te sien. Vandaar gaan ons na Mosselbaai area, waar ons oornag op Aandete, Bed & Ontbyt basis.

Dag 3
Na ontbyt gaan besoek ons Mosselbaai en George. Interessante plekke om te sien is onder andere, die Aalwyn industrie en die Posboom. Ons reis verder na Oudtshoorn omgewing waar ons oornag, op Aandete, Bed & Ontbyt basis.

Dag 4
Ons spandeer die volle dag in die area in Oudtshoorn en die Kango-grotte. 'n Besoek aan een van die vele Volstruisplase is ook 'n moet. Ons geniet 'n besonderse kontrei-middagete by Kobus se Gat, in die omgewing onder die Swartberge. Na 'n heerlike uitstappie-dag in die Klein-Karoo, oornag ons in die Oudtshoorn area op Bed & Ontbyt basis. Aandete is nie vanaand ingesluit nie.


Stormsrivierbrug Grot by die Punt Ligtoring by die Punt in Mosselbaai

Dag 5
Nog 'n interessante dag in die Klein-Karoo en die Tuinroete wag op ons, met besoeke aan Knysna en die Knysna-meer. Ons oornag in die Knysna area op Aandete, Bed & Ontbyt basis.

Dag 6
Vandag besoek ons nog pragtige dorpe aan die Suidkus. Die Stormsrivier-brug in die Tuin van die Tuinroete bied 'n geleentheid om die wonder en skoonheid van die ongerepte natuur te ervaar. Ons oornag in die Tsitsikamma omgewing op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 7
Vanoggend geniet ons 'n heerlike ontbyt, en vertrek na Gqeberha (Port Elizabeth / Algoabaai), vir ons vlug terug na Johannesburg. Dit bring ons aan die einde van ons wonder-ervaring in die Tuinroete en die Suidkus.

Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom op nog 'n heerlike toer saam met Toer Suid-Afrika.


Sedgefield Waenhuiskrans Waenhuiskrans van binne
CLICK HERE TO CONTACT US