Namaqualand Flower Tour

Hosted by  Toer Suid Afrika

Reisplan - Namakwaland Blomme Toer & die Weskus

Flowers in Namaqualand ...more Flowers ....and even more flowers

Die Namakwaland Blomme toer neem ons deur Namakwaland en die Weskus tot by Kamieskroon en Vanrhynsdorp.
Namaqualand Flower Tour & the West Coast
West Coast & Seder Mountains Tour
Dates : Available on Request
Prices : From Cape Town to Cape Town and from Gauteng to Gauteng - Available on Request
Included in Tours :
Admission fees for places visisted, Luxury Tour bus, Air Tickets, Tour Guides, Portier fees, Supper, bed & breakfast, En-suite accommodatiom.
Not Included : Tip for bus driver, Lunch and drinks for own account, Last evening's supper excluded – feel free to visit friends or family.

Dag 1   Kaapstad / Lambertsbaai
Die Namakwaland Blomme toer neem ons deur Namakwaland en die Weskus tot by Kamieskroon en Vanrhynsdorp. Op hierdie eerste dag van ons Weskus en Namakwaland blommetoer, vertrek ons vroeg per vlug vanaf Johannesburg. Ons arriveer in Kaapstad, en neem die roete deur die pragtige streek van die Weskus, waar ons reeds mooi blomme gaan sien. Ons besoek Bokkomlaan in die pragtige Velddrif, en leer van bokkoms. Verderaan ry ons deur Laaiplek, Port Owen, en Dwarskersbos. Ons geniet 'n uitsonderlike aandete op die kaai in Lambertsbaai, en oornag gerieflik en-suite, aan die Atlantiese oseaan. Aandete, Bed & Ontbyt ingesluit. Drankies vir u eie rekening.

Dag 2   Lambertsbaai / Vredendal
Vandag lê 'n mooi blommetoer dag vir ons voor. Ons reis deur die Matsikamma en die dorp Vanrhynsdorp, oor die Vanrhynspas na die klein dorpie van Nieuwoudtville, bekend as die bolplant-hoofstad van die wêreld. Hier is bolplante wat inheems is net aan die streek, en ook 'n groot verskeidenheid plante wat meeste van ons nog nooit gesien het nie. Ons besoek ook die mooi NG Kerk wat uit sandsteen gebou is, en sien die pragtige wit sandsteen-preekstoel in die kerk. Verder reis ons om besoek te bring aan die Nieuwoudtville-waterval, en soek die beste blomme in die streek. In die namiddag keer ons terug na Vanrhynsdorp, waar ons die Vetplantkwekey besoek. Daar kry u geleentheid om 'n vetplantjie of twee te koop. Al die vetplantjies by die kwekery is inheems, en word sorgvuldig vir u verpak. Ons oornag op Vredendal. Aandete, Bed & Ontbyt is ingesluit.

Dag 3   Vredendal
Nog 'n dag van mooi blomme en pret op ons Weskus en Namakwaland toer. Ons reis vandag verder verby dorpies soos Nuwerus, Bitterfontein, Garies, en Kamieskroon. By Kamieskroon verlaat ons die N7 hoofweg en ry dan na waar ons die beste blommeprag sal kry. Ons keuse lê tussen die Kamiesberge of Namakwa Nasionale Park waar ons besoek aflê by Skilpad. Na 'n dag van blomme kyk en baie fotos neem, vertrek ons weer en reis deur die Knersvlakte. Daar sien ons besondere vetplantjies wat natuurlik groei tussen die kwartsklippies, wat aan die streek sy unieke karakter en naam gee. Ons oornag op Vredendal, waar ons bederf gaan word met 'n watertand kontreikos-aandete. Aandete, Bed & Ontbyt is ingesluit.

Dag 4   Vredendal / Velddrift
Ons besoek vandag Clanwilliam, (Rooibosteestreek) waar die Rooibostee-plante natuurlik groei en rooibostee op groot skaal geproduseer word. Rooibostee Beperk bied vir ons 'n inligtingsessie oor die produksie en verwerking van rooibos aan. Dan besoek ons Strassbergers, die beroemde en oudste skoenfabriek in die land, met 'n groot keuse uit 'n verskeidenheid ontwerpe vir mans en dames. Die pragtige Ramskop Natuurtuin, waar u 'n groot verskeidenheid veldblomme, vetplante en Kokerbome sal sien, is waar ons nog meer kan leer van die besondere plantegroei in die streek. Ons reis neem ons terug na die Suide toe, met pragtige uitsigte van die Olifantsvallei en die Sederberge. Ons oornag op Velddrift. Aandete, Bed & Ontbyt is ingesluit.

Dag 5   Velddrift / Kaapstad
Vandag op ons blommetoer, besoek ons die Weskus Nasionale Park, en natuurlik ook die blomryke Postberg. Na ons besoek, vertrek ons terug na Kaapstad en beoog om teen so 5nm by Century City se Tsogo Sun Stay Easy hotel te wees. Ons oornag in Kaapstad. Geen aandete. Hier is u ideale geleentheid om vir die aand uit te gaan met vriende en familie, of inkopies te doen in die Moederstad. Alleenlik Bed & Ontbyt ingesluit.

Dag 6   Kaapstad
Na ontbyt, vertrek ons vir 'n besoek aan Kirstenbosch Botaniese tuin, vir die finale afsluit van ons blomme-ervaring in hierdie pragtige Blommekoninkryk aan die Kaap. Hierna vertrek ons na Kaapstad Internasionale lughawe, waar ons dan ons vlug sal haal, terug na Johannesburg. Dankie dat u ons vergesel het op ons Weskus en Namakwaland blommetoer! Ons nooi u vir nog vele toere saam met Toer Suid-Afrika.

Reisplan - 7 Dae Weskus & Sederberge Toer Apr 2024

Sederberge Rotsformasies Boesmantekeninge

Dag 1
Vandag vertrek ons vanaf Lanseria of OR Tambo lughawe. Ons arriveer in Kaapstad en word ingewag deur ons toerbus by die lughawe. Ons roete neem ons via Wellington, na die pragtige Piekenierskloof en Citrusdal. Stoppe sal gemaak word op die roete. Ons oornag in Piekenierskloof/Citrusdal. Aandete & ontbyt ingesluit. Drankies vir u eie rekening.

Dag 2
Na 'n goeie nagrus en ontbyt, gaan verken ons die Sederberge en doen aan by Algeria. Die Sederberge is as Wildernisgebied verklaar in 1973. Hierdie 66811 ha berggebied is geleë in die Kaapse Blommestreek, een van Suid-Afrika se Wêreld-erfenisgebiede. As gevolg van die ysteroksiede daarin, is die Sederberge, met hul brand-oranje kleur, oorheersend in die landskap, en maak dit een van die mooiste bergreekse in SA. Sandsteen formasies soos die Maltese Kruis, Wolfberg boog, en antieke San en Khoi rotskuns, maak hierdie gebied werklik asemrowend. Ons besoek die Stadsaal grotte en Truitjieskraal in die Sentrale Sederberge. Stadsaal grotte is 'n reuse koepel, uitgekalwe deur duisende jare se winderosie en ander weerfaktore. Daar is nog geskiedkundige graffiti wat bewaar gebly het, van beroemde politiese persone, soos die van DF Malan en Louis Leipoldt, van so ver terug as die laat 1800's. 'n Fotografie wonderwêreld van interessante rotsformasies wag in die Sederberge. Truitjieskraal is nog 'n pragtige area in die Sederberge, wat eens gedien het as oornagarea vir skape en ander vee wanneer daar met hulle getrek was tussen Winter en Somer weigebiede. Laatmiddag kom ons in Clanwilliam aan, en oornag op aandete & ontbyt basis.

Dag 3
Na ontbyt gaan besoek ons die Pakhuispas om nog van die besondere sandsteenformasies te sien buite Clanwilliam, waar ons ook aandoen by die graf van Louis Leipoldt, een van die Sederberge en die streek se bekendste figure. Ons besoek ook die Rooibos Teehuis om meer te leer oor hierdie bekende inheemse en heilsame tee. Later besoek ons die Strassberger skoenfabriek, met hul tradisie van egte leerskoene. Ons oornag in Vredendal op Aandete, bed, & Ontbyt basis. Middagete en drankies is vir u eie rekening.

Dag 4
Vandag besoek ons die mooi dorpies langs die Weskus. Lutzville, Strandfontein en Doringbaai, en eindig op Lambertsbaai. Die Sishen-Saldanha spoorlyn se bekendste brug oor die Olifantsrivier is naby Lutzville, 'n klein nedersetting naby die groot riviermond van die Olifantsrivier, 300km vanaf Kaapstad.

Dag 5
Nog 'n interessante dag op die Weskus wag, waar ons dorpies besoek soos Elandsbaai, Dwarskersbos, en Velddrift, waar ons Bokkomlaan besoek, eie aan die streek langs die Bergrivier. Daar word vis gesout, gedroog, en geprosesseer. Ons oornag in Velddrift omgewing op Aandete, bed en Ontbyt basis. Middagete en drankies is vir u eie rekening.

Dag 6
Vandag besoek ons nog pragtige dorpe aan die Weskus, soos Langebaan, Paternoster, en Darling. Dan gaan ons na Kaapstad waar ons oornag by Stay Easy, Century City. Vanaand is u vry, en dit is 'n geleentheid om u Kaapse familie en vriende te ontmoet en uit te gaan. Ontbyt die volgende oggend is ingesluit.

Dag 7
Vanoggend geniet ons 'n heerlike ontbyt, en vertrek na Kirstenbosch Nasionale Botaniese tuin … wat 'n pragtige plek om te sien en te ervaar in Kaapstad! Ongeveer om 12h00 vertrek ons na Kaapstad Internasionale Lughawe, vir ons vlug terug na Johannesburg. Dit bring ons aan die einde van ons wonder-ervaring aan die Weskus en die Sederberge.
Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom op nog 'n heerlike toer saam met Toer Suid-Afrika.

Reisplan - 8 Dae Donkie Stap Safari

Die Donkiestap Roete Namakwaland se Blomme Blommeprag

Dag 1
Vanoggend vertrek ons baie vroeg vanaf OR Tambo Internasionale lughawe na Kaapstad. Ons ontmoet ons bus by die lughawe, en vertrek dan in die rigting van Darling waar ons die Veldblommeskou gaan besoek vir die res van die dag. Ons oornag in Velddrif op 'n aandete, bed en ontbyt basis. Drankies is vir u eie rekening.

Dag 2
Na 'n goeie nagrus, geniet ons ontbyt, waarna ons dan vertrek om na mooi plekke op die Weskus te gaan kyk. Indien die blomme by Postberg in die Weskus Nasionale Park, nog mooi is, sal ons daar gaan inloer. In die namiddag vertrek ons na Lambertsbaai, waar ons oornag op aandete, bed en ontbyt basis. Drankies vir u eie rekening.

Dag 3
Ons geniet 'n vroeë ontbyt en daarna vertrek ons na Garies. Ons moet teen 13h00 by Garies wees – sien staprooster en verdere inligting onderaan die program.

Dag 4,5,6
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.

Dag 7
Ons verlaat die Weskus staptoer en reis na Vredendal, waar ons oornag by Tharrakamma Gastehuis op aandete, bed en ontbyt basis. Drankies vir u eie rekening.

Dag 8
Vanoggend vertrek ons vanaf Vredendal en reis terug na Kaapstad, waar ons besoek aflê by Kirstenbosch Nasionale Botaniese tuin. Daarna vertrek ons na die lughawe, waar ons dan ons vlug haal terug na Johannesburg.

Weskus strand Paternoster Vissersbote aan die Weskus


 Staprooster

Day 1

  • Depart Garies at 14:00 with safari vehicles (included), travelling on dirt roads for about 80km to our camp, where we will return to every night, for the duration of the hiking tour.
  • We set up our tent(s) and enjoy the wonderful open night skies, around the camp fire.
  • Day 2

  • After breakfast, we transfer by vehicle(s) to Strandfonteinpunt, where donkey carts join us.
  • We hike to Spoegrivier Caves, where 2000 year old sheep remains were found, on the coast – 17km.
  • We return to camp by (safari) vehicle for our second night under the stars.
  • Day 3

  • After breakfast, we depart again to Strandfonteinpunt by safari vehicle.
  • We hike from there to Koringkorrel, with the donkey carts joining us.
  • We spend tea time at Bitterriviermond (Bitter river mouth) and keep a lookout for any seal colonies.
  • Day 4

  • After breakfast, we transfer by vehicle to Groenriviermond.
  • From there we hike to Kwass se Baai.
  • Donkey carts wait at Kwass to take hikers further to Koringkorrelbaai.
  • Day 5

  • Our last hiking day: After breakfast, we pack up our tents, leave it there, and then we have a choice of hiking: either
  • From Koringkorrel to Kwass se Baai – 6km, or
  • From Koringkorrel to Kwass and return to Koringkorrel
  • When we return to camp, the remaining part of the camp will be round up.
  • We then depart back to Garies, by vehicle
  • CLICK HERE TO CONTACT US