4-Dag Weskus & Namakwaland Toer
Toer Suid-Afrika bied aan :
4 Dag Namakwaland en Weskus Blomme Toer
Datums :
2023 6-dag toer
Pryse :
2023 6-day tour
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek
Retoer vlugte
Toer Gidse
Kruiersloon
Aandete, bed & ontbyt
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies vir jou eie rekening
Toerplan
Dag 1
Sien 2023 toer
Vandag vertrek ons vanaf Lanseria of OR Tambo lughawe. Ons arriveer in Kaapstad en word ingewag deur ons toerbus by die lughawe. Ons roete neem ons na die Weskus Nasionale Park waar ons Postberg besoek, wat binne die park gelee is. Ons reis daarna na Lambertsbaai waar ons oornag. Aandete en ontbyt ingesluit. Drankies vir u eie rekening.
Dag 2
Na ‘n goeie nagrus geniet ons ‘n ontbyt en begin ons reis na Nieuwoudtville. By Nieuwoudtville besigtig ons bolblomme. Hier vind mens die bolplant hoofstad van die wereld. Ons besoek die Nieuwoudtville waterval, die Kokerboom woud, pragtig kerk gebou van sandsteen en besoek ook die pragtige wit sandsteen preekstoel. Laat middag vat ons de pad na Vredendal waar ons oornag by die pragtige Tharrakamma Gastehuis. Aandete en ontbyt ingesluit.
Dag 3
Vandag reis ons Noord verby die Knersvlakte … en ‘n paar ander dorpies soos Bitterfontein en Garies en verlaat die N3 hoofweg by Kamieskroon. Dit is in hierdie gebied waar ons probeer om die beste blomme in die streek te besigtig … of in die Kammieskroon omgewing of in die Namakwa Nasionale Park. Hier vind ons normaalweg die geel en oranje Namakwaland-daisies en vygies. Laatmiddag keer ons terug na die Tharrakamma gastehuis in Vredendal waar ons oornag en ‘n heerlike aandete geniet.
Dag 4
Na ontbyt vertrek ons na Clanwilliam waar ons die Ramskop Natuurtuin, die Vellies fabriek en die Rooibostee fabriek besoek. In Clanwilliam leer ons meer van Suid Afrika se eie inheemse kruie tee ook bekend as Rooibos. Clanwilliam is die enigste plek ter wereld waar Rooibos tee natuurlik voorkom .. vandag word dit in baie streke reeds verbou. Na ons besoek aan Clanwilliam vertrek ons na Kaapstad vir ons vlug terug na Johannesburg.
Sien 2023 Namakwaland blommetoer na Namakwaland en Weskus: ons baie gewilde 6-dag toer
