Weskus en Namakwaland toer
www.toersuidafrika.com
Previous
Next

6 dag Weskus en Namakwaland Blommetoer

Toer Suid-Afrika bied u drie datums vir ons 6 dag Weskus en Namakwaland blommetoer vir 2023.
Ons besoek die pragtige blommestreek van Namakwaland, en ook die besonderse aantreklike Weskus. Om tyd te spaar, vlieg ons vanaf Johannesburg na Kaapstad, reis deur Namakwaland, en besoek ook die Weskus op ons blommetoer.
Op die laaste dag, besoek ons Kaapstad se beroemde Kirstenbosch Botaniese Tuin, om ons blomme-ervaring mee af te sluit. Hierna vlieg ons terug na Johannesburg vanaf Kaapstad.

Kies een van die pakkette hier onder:

* Ingesluit vanaf JHB: Retoer-vliegkaartjies, 6 dae 5 nagte
* Vanaf Kaapstad tot Kaapstad : 6 dae 5 nagte
Begindatums :
17 Augustus 2023
24 Augustus 2023
31 Augustus 2023
Pryse :
R13 000,00 per persoon wat deel, vanaf Kaapstad tot Kaapstad
R15 000,00 per persoon wat deel, Gauteng – Gauteng
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek
Luukse Toerbus, Vlugkaartjies,
Toer Gidse, Portiergelde
Aandete, bed & ontbyt,
En-suite akkommodasie.
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies vir u eie rekening
Laaste aandete – u is vry om met u Kaapse vriende en familie te kuier.

Toerplan - 6 dag Weskus en Namakwaland Blommetoer

Dag 1 – Weskus

Op hierdie eerste dag van ons Weskus en Namakwaland blommetoer, vertrek ons vroeg per vlug vanaf Johannesburg. Ons arriveer in Kaapstad, en neem die roete deur die pragtige streek van die Weskus, waar ons reeds mooi blomme gaan sien.
Ons besoek Bokkomlaan in die pragtige Velddrif, en leer van bokkoms. Verderaan ry ons deur Laaiplek, Port Owen, en Dwarskersbos.
Ons geniet ‘n uitsonderlike aandete op die kaai in Lambertsbaai, en oornag gerieflik en-suite, aan die Atlantiese oseaan.
Aandete, Bed en Ontbut ingesluit. Drankies vir u eie rekening.

Dag 2 – Matsikamma, Nieuwoudtville

Vandag lê ‘n mooi blommetoer dag vir ons voor. Ons reis deur die Matsikamma en die dorp Vanrhynsdorp, oor die Vanrhynspas na die klein dorpie van Nieuwoudtville, bekend as die bolplant-hoofstad van die wêreld. Hier is bolplante wat inheems is net aan die streek, en ook ‘n groot verskeidenheid plante wat meeste van ons nog nooit gesien het nie.
Ons besoek ook die mooi NG Kerk wat uit sandsteen gebou is, en sien die pragtige wit sandsteen-preekstoel in die kerk. Verder reis ons om besoek te bring aan die Nieuwoudtville-waterval, en soek die beste blomme in die streek. In die namiddag keer ons terug na Vanrhynsdorp, waar ons die Vetplantkwekey besoek.  Daar kry u geleentheid om ‘n vetplantjie of twee te koop.  Al die vetplantjies by die kwekery is inheems, en word sorgvuldig vir u verpak.
Ons oornag op Vredendal. Aandete, Bed en Ontbyt is ingesluit.

Dag 3 – Kamieskroon, Knersvlakte

Nog ‘n dag van mooi blomme en pret op ons Weskus en Namakwaland toer. Ons reis vandag verder verby dorpies soos Nuwerus, Bitterfontein, Garies, en Kamieskroon. By Kamieskroon verlaat ons die N7 hoofweg en ry dan na waar ons die beste blommeprag sal kry. Ons keuse lê tussen die Kamiesberge of Namakwa Nasionale Park waar ons besoek aflê by Skilpad.   Na ‘n dag van blomme kyk en baie fotos neem, vertrek ons weer en reis deur die Knersvlakte. Daar sien ons besondere vetplantjies wat natuurlik groei tussen die kwartsklippies, wat aan die streek sy unieke karakter en naam gee.
Ons oornag op Vredendal, waar ons bederf gaan word met ‘n watertand kontreikos-aandete.
Aandete, Bed en Ontbyt is ingesluit.

Dag 4 – Clanwilliam, Rooibos-streek, Velddrift

Ons besoek vandag Clanwilliam, waar die Rooibostee-plante natuurlik groei en rooibostee op groot skaal geproduseer word. Rooibostee Beperk bied vir ons ‘n inligtingsessie oor die produksie en verwerking van rooibos aan.  Dan besoek ons Strassbergers, die beroemde en oudste skoenfabriek in die land, met ‘n groot keuse uit ‘n verskeidenheid ontwerpe vir mans en dames.  Die pragtige Ramskop Natuurtuin, waar u ‘n groot verskeidenheid veldblomme, vetplante en Kokerbome sal sien, is waar ons nog meer kan leer van die besondere plantegroei in die streek. Ons reis neem ons terug na die Suide toe, met pragtige uitsigte van die Olifantsvallei en die Sederberge.
Ons oornag op Velddrift.  Aandete, Bed en Ontbyt is ingesluit.

Dag 5

Vandag op ons blommetoer, besoek ons die Weskus Nasionale Park, en natuurlik ook die blomryke Postberg.  Na ons besoek, vertrek ons terug na Kaapstad en beoog om teen so 5nm by Century City se Tsogo Sun Stay Easy hotel te wees. Ons oornag in Kaapstad. Geen aandete.
Hier is u ideale geleentheid om vir die aand uit te gaan met vriende en familie, of inkopies te doen in die Moederstad.
Alleenlik Bed en Ontbyt ingesluit.

Dag 6

Na ontbyt, vertrek ons vir ‘n besoek aan Kirstenbosch Botaniese tuin, vir die finale afsluit van ons blomme-ervaring in hierdie pragtige Blommekoninkryk aan die Kaap.
Hierna vertrek ons na Kaapstad Internasionale lughawe, waar ons dan ons vlug sal haal, terug na Johannesburg.
Dankie dat u ons vergesel het op ons Weskus en Namakwaland blommetoer!
Ons nooi u vir nog vele toere saam met Toer Suid-Afrika.-

Nuttige Wenke

U vlugkaartjies en vervoer is ingesluit in elke toerpakket.
U word vergesel en gelei deur gekwalifiseerde en geregistreerde Nasionale toergidse.
Die toerpakette sluit Aandete, Bed en Ontbyt in op die plekke waar ons oornag.  Alle ander etes, dus Middagetes  verversings en drankies, is vir u eie rekening. 

Die plekke wat ons besoek, en oornag-plekke, mag verander, na gelang van beskikbaarheid, en aantal mense wat die toer gaan meemaak.  U sal op hoogte gehou word. 
 
Maak gerus voorsiening om die volgende saam te bring op toer:
Snoepgoed (lekkergoed, versnaperings), 
Leesstof (tydskrif, koerant, boek), 
Drinkwater (bottel water), en enige spesiale geur-drankies wat u verkies.
VOLGELAAIDE selfone en ander VOLGELAAIDE batterye.
U spesiale Medisyne(s) (Rennies, hoofpynpille, hoesgoed, ens, wat u dalk mag nodig hê) en enigiets wat u daagliks moet gebruik. Omtrent elke tweede dag sal ons u kortliks geleentheid gee om ‘n supermark te besoek.