6-Dag Namakwaland Blomme Toer

Toer Suid-Afrika bied aan :
6 Dag Namakwaland Blomme Toer 2020
Datums :
20 Augustus 2020
27 Augustus 2020
3 September 2020

Pryse :
R11 800,00 per persoon wat deel  –  Begin en eindig in Kaapstad
R13 800,00 per persoon wat deel – Retoer vlugte ingesluit
Deposito R3000,00 per persoon
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek
Retoer vlugte 
Toer Gidse
Kruiersloon
Aandete, bed & ontbyt
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies vir jou eie rekening 

Toerplan

Dag  1

Vandag ontmoet ons u 7.00 vm op OR Tambo en ons vertrek om 9.10 vm …vlug no Kulula MN121, vanaf OR TAMBO Internasionale Lughawe. Ons ariveer in Kaapstad om 11.20. Ons roete neem ons vanaf Kaapstad in die rigting van Lambertsbaai op die Weskus waar ons reeds mooi blomme sal sien soos wat ons ry. Ons besoek en oornag vanaand in Lambertsbaai by die Lambertsbaai hotel. Ja, dit is hier waar ons die see gaan groet en lekker eet by Isabellas restaurant op die kaai in Lambertsbaai. Aandete, Bed en Ontbyt -basis. Drankies is vir u eie rekening.

Dag 2

Na ontbyt vertrek ons vanaf Lambertsbaai vir die dag in die rigting van Nieuwoudtsville. Nieuwoudtsville is bekend vir die bolplant hoofstad van die wereld. Hier is ‘n groot verskeidenheid bolplante wat meeste van ons nog nooit gesien het nie. Ons besoek ook die mooi NG Kerk wat uit sandsteen gebou is, en sien ook die pragtige wit sandsteen-preekstoel in die kerk. Ons besoek ook Nieuwoudtville-waterval en soek die beste blomme in die streek. Ons vertrek weer in die namiddag terug na Vanrhynsdorp,en op Vanrhynsdorp besoek ons die Vetplant Kwekery. By die kwekery sal u die geleentheid kry om vir u ‘n vetplantjie of twee te koop. Al die vetplantjies by die kwekery is inheems. Laatmiddag ariveer ons dan waar ons oornag op Vredendal by Tharrakamma gastehuis, op Aandete, Bed en Ontbyt -basis. Drankies en middagete is vir u eie rekening.

Dag 3

Na ‘n heerlike nagrus en ‘n lekker ontbyt vertrek ons vanaf Vredendal, om by Kamieskroon langs die N7 hoofweg te verlaat en ry dan na waar ons die beste blommetjies sal kry. Dit is gewoonlik in die Kamiesberge of in die Namakwa Nasionale park. Na ‘n dag van blomme kyk, vertrek ons weer en reis na Vredendal waar ons weer by die pragtige Tharrakamma Gastehuis oornag. Ronel is ons gasvrou en sy gaan vir ons bederf met kos uit haar kontrei. Middagete en drankies is vir u eie rekening.

Dag 4

Vandag reis ons na Clanwilliam, waar ons dan die dag heerlik besoek aflê by Rooibostee Beperk vir ‘n kort inligting sessie oor die Roobostee plant en Rooibos produkte, die Vellies skoen fabriek en die Ramskop Natuur tuin. Na ons besoek aan Clanwilliam reis ons langs die kus na Velddrif. Ons oornag in Velddrif op Aandete, Bed en Ontbyt -basis. Drankies en middagete is vir u eie rekening.

Dag 5

Vandag ry ons na die Weskus Nasionale Park, en natuurlik ook om die blomryke Postberg te besoek. Na ons besoek, vertrek ons terug na Kaapstad en be-oog om teen so tussen 4 + 5nm by Century City se Tsogo Sun Stay Easy hotel te wees.  Ons oornag in Kaapstad.  Geen aandete.  Alleenlik Bed en Ontbyt -basis. Hier kan u reel om heerlik te kuier met u familie of vriende wat in Kaapstad woon.

Dag 5

Vanoggend geniet ons ‘n heerlike ontbyt by ons hotel. Om 8uur vertrek ons op ‘n stadstoer van Kaapstad en ook ‘n besoek aan Kirstenbosch Botaniese tuin. Hierna vertrek ons na Kaapstad Internasionale lughawe waar ons dan ons vlug sal haal terug na OR Tambo Internasionale lughawe.