Weskus Donkie Stap Safari

Toer Suid Afrika bied aan:

8 Dag Weskus Donkie Stap, Weskus Omgewing en Kirtenbosch Toer
Datum :
19 September – 26 September 2020
Prys :
R16000,00 per persoon wat deel.
Ingesluit by die toer : 
Retoer vliegtuig kaartjies vanaf OR Tambo na Kaapstad.
Aandete, bed en ontbyt.
Bus vervoer en ingangsgelde by plekke wat ons besoek.
Portiergelde waar daar portiere by hotelle is.
Nie Ingesluit nie
Middagete en drankies is vir u eie rekening.

Reisplan

Dag 1
19 September 2020
Vanoggend vertrek ons baie vroeg vanaf OR Tambo Internasionale lughawe na Kaapstad. Ons ontmoet ons bus by die lughawe, en vertrek dan in die rigting van Darling waar ons die Veldblommeskou gaan besoek vir die res van die dag… Ons oornag in Velddrif op ‘n aandete, bed en ontbyt basis. Drankies is vir u eie rekening.
Dag 2
20 September 2020
Na ‘n goeie nagrus, geniet ons ontbyt, waarna ons dan vertrek om na mooi plekke op die Weskus te gaan kyk. Indien die blomme by Postberg, in die Weskus Nasionale Park nog mooi is sal ons daar gaan inloer. In die namiddag vertrek ons dan na Lambertsbaai waar ons oornag op aandete, bed en ontbyt basis. Drankies vir u eie rekening.
Dag 3
21 September 2020
Ons geniet ‘n vroee ontbyt en daarna vertrek ons na Garies. Ons moet teen 13h00 by Garies wees……Sien staprooster en verdere inligting onder aan die program.
Dag 4
22 September 2020
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.
Dag 5
23 September 2020
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.
Dag 6
24 September 2020
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.
Dag 7
25 September 2020
Op dag 7 verlaat ons die Weskus stap toer en reis na Vredendal waar ons oornag by Tharrakamma gastehuis op aandete, bed en ontbyt basis. Drankies vir u eie rekening
Dag 8
26 September 2020

Vanoggend vertrek ons vanaf Vredendal en reis terug na Kaapstad, waar ons besoek aflê by Kirstenbosch. Na ons besoek aan Kirstenbosch vertrek ons na die lughawe waar ons dan ons vlug haal terug na Johannesburg.

Staprooster

Dag 1 – Donkie Stap

  • Vertrek om 14h00 vanaf Garies na ons basis by Koringkorrelbaai met Safari Voertuie – Ongeveer 80km grondpad.
  • Ons het slegs hierdie een basis vir die volle tydperk van die staptoer.

Dag 2 – Donkie Stap

  • Na ontbyt word stappers per voertuie geneem na Strandfonteinpunt.
  • Donkiekarre sluit aan by stappers om hul te vergesel.
  • Stap vanaf Strandfonteinpunt tot by Spoegrivier grotte. Ongeveer 17km
  • Stappers word na stap by Spoegrivier grotte opgetel en terugvervoer na ons basis.
  • Besienswaardighede:
    • Poliesman Helmit
    • Spoegrivier grotte (2000 jaar oue skaap gebeendere)

Dag 3 – Donkie Stap

  • Na ontbyt vertrek met Safari voertuie weer tot by Strandfonteinpunt.
  • Stap van Strandfonteinpunt terug na Koringkorrelbaai.
  • Donkiekarre deel van span.
  • Besinswaardighede:
    • Twee mooi strande
    • Tee tyd by Bitterriviermond
    • Rob Kolonie.

Dag 4 – Donkie Stap

  • Na ontbyt vertrek met voertuie na Groenriviersmond.
  • Stap vanaf Groenrivier tot by Kwass se Baai.
  • Donkiekarre wag by Kwass om stappers terug te bring na Koringkorrelbaai.

Dag 5 – Donkie Stap

  • Ons laaste stap dag.
  • Na ontbyt word kamp opgebreek.
  • Stappers se keuse:
    • Vanaf Koringkorrel tot by Kwass se Baai – 6km
    • Vanaf Koringkorrel tot by Kwass en terug na Koringkorrelbaai.
  • Intussen breek ons, ons gedeelte van kamp op om gereed te wees as stappers terug kom.
  • Vertrek vanaf Korringkorrel terug na die Garies Toeristestalletjie.

Ons Voorsien die volgende:

  • Vervoer vanaf Garies tot by basis kamp.
  • Drinkwater en waswater( 5L per persoon per dag)
  • Vervoer van bagasie tydens staptog (tent, klere, kos ens.)
  • Voorsien Ontbyt en Aandete vir tydperk
  • Soggens en saans word daar vuur gemaak.
  • Kookwater
  • Stoele en ander toerusting bv. tafeltjies, wasskottels, ens.
  • Donkie-karre met donkies en ‘n drywer per Donkie-kar is bedags tot diens van stappers
  • Voer en water vir Donkies (hulle drink ± 20L per dag per Donkie)
  • 4×4 Voeryuie met sleepwaens
  • Vervoer weer terug na Garies.

Julle moet die volgende saambring asb.

  • Elke stapper slegs 20kg bagasie ( kos en tent ingesluit…u moet u eie tent bring.
  • Warm baadjie asook reenbaadjie
  • Eie rugsak slegs vir dagstap
  • Waterbottels
  • Elke stapper moet sy eie middagete voorsien asook eetgerei.
  • Eie tent, matras en beddegoed.
  • Elke stapper neem slegs hul dagrugsak saam as hulle stap met kos en water.
  • Warmwater-fles
  • Toiletpapier
  • Warmwatersak
  • Gemaklike skoene om in te stap.
  • Sondbrandroom en hoed.
  • Swemklere en handoek

Algemene Inligting

  • Volle Safari vind plaas binne die Namakwa Nasionale Park.
  • Onderhewig aan hulle reëls www.sanparks.co.za
  • Ontbyt en aandetes is ingesluit.
  • As enige iemand enige alergieë of vegetaries is moet ons asb. in kennis gestel word.
  • Groepe is gewoontlik tussen 16-24 mense per groep. Indien minder as 16 – sal koste bietjie aangepas word.
  • Diegene met wildcards moet dit asb. saam bring. Indien u nie in die besit van ‘n wildcard is nie sal elke persoon wat nie een besit R200.00 ekstra moet betaal.
  • Neem asb kennis dat ons nie middag etes voorsien nie.