Weskus Donkie Stap Safari
Toer Suid Afrika bied aan:
8 Dag Weskus Donkie Stap, Weskus-omgewing en Kirtenbosch Toer
Datum :
Enige tyd is pragtig – Doen navraag asb
Prys :
Doen asb navraag.
Ingesluit by die toer :
Retoer vliegtuig kaartjies vanaf OR Tambo na Kaapstad.
Aandete, bed en ontbyt.
Bus vervoer en ingangsgelde by plekke wat ons besoek.
Portiergelde waar daar portiere by hotelle is.
Nie Ingesluit nie:
Middagetes en drankies is vir u eie rekening.
Reisplan
Dag 1
Vanoggend vertrek ons baie vroeg vanaf OR Tambo Internasionale lughawe na Kaapstad. Ons ontmoet ons bus by die lughawe, en vertrek dan in die rigting van Darling waar ons die Veldblommeskou gaan besoek vir die res van die dag. Ons oornag in Velddrif op ‘n aandete, bed en ontbyt basis. Drankies is vir u eie rekening.
Dag 2
Na ‘n goeie nagrus, geniet ons ontbyt, waarna ons dan vertrek om na mooi plekke op die Weskus te gaan kyk. Indien die blomme by Postberg in die Weskus Nasionale Park, nog mooi is, sal ons daar gaan inloer. In die namiddag vertrek ons na Lambertsbaai, waar ons oornag op aandete, bed en ontbyt basis. Drankies vir u eie rekening.
Dag 3
Ons geniet ‘n vroeë ontbyt en daarna vertrek ons na Garies. Ons moet teen 13h00 by Garies wees – sien staprooster en verdere inligting onderaan die program.
Dag 4
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.
Dag 5
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.
Dag 6
Donkie Stap Toer – Sien Staprooster onder aan die bladsy.
Dag 7
Ons verlaat die Weskus staptoer en reis na Vredendal, waar ons oornag by Tharrakamma Gastehuis op aandete, bed en ontbyt basis. Drankies vir u eie rekening.
Dag 8
Vanoggend vertrek ons vanaf Vredendal en reis terug na Kaapstad, waar ons besoek aflê by Kirstenbosch Nasionale Botaniese tuin. Daarna vertrek ons na die lughawe, waar ons dan ons vlug haal terug na Johannesburg.
Staprooster
Dag 1 – Donkie Stap
- Vertrek om 14h00 vanaf Garies na ons basis by Koringkorrelbaai met Safari Voertuie – Ongeveer 80km grondpad.
- Ons het slegs hierdie een basis vir die volle tydperk van die staptoer.
Dag 2 – Donkie Stap
- Na ontbyt word stappers per voertuie geneem na Strandfonteinpunt.
- Donkiekarre sluit aan by stappers om hul te vergesel.
- Stap vanaf Strandfonteinpunt tot by Spoegrivier grotte. Ongeveer 17km
- Stappers word na stap by Spoegrivier grotte opgetel en terugvervoer na ons basis.
- Besienswaardighede:
- Poliesman Helmit
- Spoegrivier grotte (2000 jaar oue skaap gebeendere)
Dag 3 – Donkie Stap
- Na ontbyt vertrek met Safari voertuie weer tot by Strandfonteinpunt.
- Stap van Strandfonteinpunt terug na Koringkorrelbaai.
- Donkiekarre deel van span.
- Besinswaardighede:
- Twee mooi strande
- Tee tyd by Bitterriviermond
- Rob Kolonie.
Dag 4 – Donkie Stap
- Na ontbyt vertrek met voertuie na Groenriviersmond.
- Stap vanaf Groenrivier tot by Kwass se Baai.
- Donkiekarre wag by Kwass om stappers terug te bring na Koringkorrelbaai.
Dag 5 – Donkie Stap
- Ons laaste stap dag.
- Na ontbyt word kamp opgebreek.
- Stappers se keuse:
- Vanaf Koringkorrel tot by Kwass se Baai – 6km
- Vanaf Koringkorrel tot by Kwass en terug na Koringkorrelbaai.
- Intussen breek ons, ons gedeelte van kamp op om gereed te wees as stappers terug kom.
- Vertrek vanaf Korringkorrel terug na die Garies Toeristestalletjie.
Ons Voorsien die volgende:
- Ontbyte en Aandetes
Vir die staptoer:
- Vervoer vanaf Garies tot by basis kamp.
- Vervoer van bagasie tydens staptog (tent, klere, kos ens.)
- Die organisering van die Basiskamp, met:
- Stoele en ander toerusting, bv. stoele, tafeltjies, wasskottels, ens.
- Drinkwater en waswater( 5L per persoon per dag)
- Soggens en saans word daar vuur gemaak.
- Kookwater
- Donkiekarre met donkies, en ‘n drywer per Donkiekar bedags, tot diens van stappers
- Voer en water vir Donkies (hulle drink ± 20L per dag per donkie)
- Vervoer weer terug na Garies.
Vir die res van die toer:
- Luukse lugversordgde vervoer
- En suite lugversordgde verblyf
- Geregistreerde Toergids
U moet die volgende saambring asb.
- Elke stapper slegs 20kg bagasie ( kos en tent ingesluit – u moet u eie tent bring.
- Warm baadjie, asook reenbaadjie.
- Eie rugsak (klein dagrugsak vir dagstap).
- Elke stapper neem slegs hul dagrugsak saam wanneer hulle stap, met kos en water.
- Waterbottels
- Warmwaterfles
- Warmwatersak (teen moontlike koue nagte)
- Elke stapper moet eie middagetes voorsien, asook eetgerei.
- Eie tent, matras en beddegoed (slaapsak met ekstra ‘thermal blanket’).
- Swemklere en handoek.
- Toiletpapier, asook toiletbenodighede, soos handdoek, seep, sjampoe, ens.
- Gemaklike stapperskoene en stapkouse (normale katoensokkies, twee dun dubbele lae, werk ook goed).
- Sondbrandroom, en hoed.
- Persoonlike medikasie.
- Kamera en ekstra batterye.
Nie ingesluit nie
- Internasionael en Plaaslike Vlugte, en Lughawebelastings.
- Reisversekering (veral aanbeveel vir Internasionale gaste)
- Tent, persoonlike kampbenodighede, stapuitrusting en staptoerusting. — U moet u eie tent asook alle nodige dagstaptoerusting neem – nie nodig vir ‘n groot dagpak gedurende die daaglikse dagstap uit nie.
- Etes en alle verversings wat nie genoem word in die reisprogram nie, soos u tee, koffie, drinkgoed, verversings, middagetes, en (ekstra) water op die staptoer.
- Fooitjies (vir enigiemand wat u bedien, soos portiere en plaaslike personeel)
- Enige persoonlike uitgawes.
Algemene Inligting
- Volle Stap-Safari vind plaas binne die Namakwa Nasionale Park.
- Verblyf is onderhewig aan SANParke-reëls – sien https://www.sanparks.org/parks/namaqua/tourism/general.php
- Ontbyt en aandetes is ingesluit. Middagetes en Drankies en verversings is nie ingesluit nie.
- As enigiemand enige alergieë het, of vegetaries of diabeties is, moet ons asb. vooraf in kennis gestel word.
- Groepe is gewoontlik 16-24 mense per groep. Indien minder as 16, sal koste aangepas word.
- Prys is op aanvraag. (Neem ekstra Ingangsfooi indien u nie ‘n WILDCARD het nie) vir die Staptoer.
- Die gekwoteerde prys is vir diegene met SANPARKS Wildcards. Bring asb u Wildcard saam indien u dit het. Diegene wat nie ‘n geldige Wildcard kan toon nie, sal die addisionele koste van die SanParke-ingang (ongeveer R150.00 /dag (soos op Des 2020) vir Suid-Afrikaners, ekstra moet betaal. Internasionale gaste se kostes vir die Park is veel meer addisioneel. Sien https://www.sanparks.org/wild_new/tourism/pricing.php vir pryse – ‘n WildCard word aanbeveel.
- Kinders onder 12 jaar oud, mag kwalifiseer vir SanParke-afslag.
- 4 Ontbyte en 4 Aandetes op die Staptoer-gedeelte is ingesluit. Middagetes en Drankies is nie ingesluit nie.
- 50% deposito word vereis binne 4 maande vooruit, en die res binne 2 maande vooruit.
- Onthou asb om voorsiening te maak vir Fooitjies vir diegene wat aan u dienste verskaf.