Drakensberg Golden Gate Sanipas toer

Amphi theatre Drakensberg mountains South Africa

Drakensberg Golden Gate Sanipas toer
www.toersuidafrika.com.
Previous
Next

Drakensberg Golden Gate Sanipas Toer

Toer Suid-Afrika

bied aan:

 Drakensberg Golden Gate Sanipas toer – 7 dae

Datums :
April 2023
Pryse : (Beskikbaar by Navraag)
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek
Retoer vlugte
Toer Gidse
Portiergelde
Aandete, bed & ontbyt
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies is vir u eie rekening

Reisplan: Drakensberg Golden Gate Sanipas toer

Dag  1 – Golden Gate

Welkom op ons Drakensberg Golden Gate Sani pas toer, met ingeslote: ‘n dag op die Sani pas, waar ons opry na Lesotho om by die hoogste ‘Pub in Africa’ aan te doen. Daar sal ons naby die hoogste punt in Suidelike Afrika (Thaba Nklenyane) wees, voordat ons weer die pad aandurf ondertoe.
Ons vertrek rigting suid-oos vanaf Pretoria en Johannesburg in Gauteng, na die pragtige Golden Gate area, wat naby Clarens geleë is, waar ons aandoen.
Golden Gate Nasionale Park is geleë in die skilderagtige Hoogland roete, aan die voete van die Vrystaatse Malutiberge.
Ons oornag op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 2 – Royal Natal Park

Na ‘n goeie nagrus en ontbyt, vertrek ons deur die Golden Gate Park, oor die Oliviershoekpas met sy asemrowende uitsigte, na die Royal Natal Park, met ‘n blik op die Amfiteater in die Drakensberg. Dit is een van die mooiste berghange in die wêreld.

Ons oornag in die Winterton area op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 3 – Drakensberg

Na ontbyt gaan verken ons die pragtige Ukahlamba Drakensberg Nasionale Park, een van die Unesco Wêreld erfenis-gebiede, bekend vir die verskeidenheid van antieke San rotskuns en wildlewe.
In die middag besoek ons die Drakensberg Seunskoor, waar hulle geleë is in een van die mooiste berggebiede van die wêreld.
Vannag slaap ons oor in die omgewing van Winterton, op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 4 – Natalse Middellande

Die reis volg vandag die roete deur die Middellande van KwaZulu-Natal, na Underberg, aan die voete van die Suidelike Drakensbeg. Teen laatmiddag bereik ons die gebied, waar ons oornag op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 5 – Sanipas

Vroegoggend vertrek ons met ons 4×4 voertuie met Spesialisgidse, op in die Sanipas, na Lesotho.
Dit is een van die mooiste maar strafste ruwe passe van Suid-Afrika. Ons besoek die Highest Pub in Africa en die plaaslike aantreklikhede, voordat ons later weer die pad na benede aanpak.

Ons oornag in die Underberg area op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 6 – Middellande

Vandag besoek ons die Middellande van Natal, met sy vele winkeltjies op hierdie bekende kunstige roete.

Ons oornag in die omgewing op Aandete, Bed en Ontbyt basis.

Dag 7 – Vrystaat

Vanoggend geniet ons ‘n heerlike ontbyt, en vertrek deur die Vrystaat na ons tuisbestemming in Gauteng.

Dit bring ons aan die einde van ons wonder-ervaring in die Drakensberge, Golden Gate, en Sani pas.

Ons sien u gou weer op nog ‘n heerlike toer saam met Toer Suid-Afrika.

Sederberg rotsformasie Toer Suid-Afrika
Sederberge en Weskus toer – 7 dae
Drakensberg Golden Gate Sani pass map