Karoo Toer
Reisplan
Dag 1
Welkom op ons Karoo toer, waar ons uit en om die Kaap toer na die binneland en terug na Kaapstad, eers noord, en dan verder oos in die binneland van Suid-Afrika in. Beleef die wye oop Karoo en Klein Karoo, met ‘n mengsel van stergevulde nagte, ver horisonne, skoon natuur, mooi berge, en nuwe vriende!
Ons vertrek vroeg vanaf Johannesburg per vlug na Kaapstad, waar ons ons toerbus ontmoet, en vertrek vandaar na Matjiesfontein in die Karoo. Daar verken ons hierdie mooibewaarde stasiedorp, ‘n juweel met sy ryke geskiedenis uit ‘n vroeë tydperk, wat vandag nog lewe gee aan die omgewing langs die hoofroete die binneland in.
Dag 2
Na ‘n goeie nagrus en ontbyt, vertrek ons deur Laingsburg, na Prins Albert aan die voet van die Swartberge, en besoek interessante plase in die omgewing. Olywe en kaas is twee van die produkte wat hier verbou en verwerk word. Prins Albert is tipies van die rustige atmosfeer van die Karoo, en dit is heerlik om te stap in hierdie pragtige skoon dorp.
Ons eet vanaand spesiaal by een van die kontrei restaurante in die dorp, en oornag op Aandete, Bed en Ontbyt basis.
Dag 3
Na ontbyt gaan verken ons die skilderagtige Meiringspoort, en neem nog ‘n besonderse klein dorpie, De Rust, se mooi en rustigheid in.
Vannag slaap ons oor in die omgewing van De Rust, op Aandete, Bed en Ontbyt basis.
Dag 4
Ons spandeer die volle dag in die omgewing van Oudtshoorn en die Kango-grotte. ‘n Besoek aan een van die vele Volstruisplase is ook ‘n moet. Die Swartbergpas is ‘n uitstappie werd. Ons geniet spesiaal ‘n besonderse kontrei-middagete by Kobus se Gat, in die omgewing aan die suide van die Swartberge.
Na ‘n heerlike uitstappie-dag in die Klein-Karoo, oornag ons in die Oudtshoorn area op Bed en Ontbyt basis. Aandete is nie vanaand ingesluit nie.
Dag 5
Nog ‘n interessante dag in die Klein-Karoo en die Suidkus, wag op ons. Op Roete 62 reis ons deur Ladismith en Barrydale, en gaan met die Tradouwpas af en deur Swellendam na die suide. Ons verken ook die Waenhuiskrans-grotte aan die kus.
Ons oornag in die Arniston area op Aandete, Bed en Ontbyt basis.
Dag 6
Vandag besoek ons van die besienswaardighede in die streek aan die Suidste kus.
Ons gaan na Kaap Agulhas en die mees Suidelike punt van Afrika, waar die Indiese en Atlantiese oseane ontmoet. Daar sien ons ook die oudste Ligtoring in Suid-Afrika, opgerig in 1849.
Ons oornag in Arniston omgewing op Aandete, Bed en Ontbyt basis.
Dag 7
Vanoggend geniet ons ‘n heerlike ontbyt, en vertrek na Kaapstad via die pragtige Franchoek vallei, en eindig by Kaapstad Lughawe, vir ons terugvlug na Johannesburg.
Dit bring ons aan die einde van ons wonder-ervaring in die Karoo, die Klein Karoo, en die suidelikste punt van Afrika.
Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom op nog ‘n heerlike toer saam met Toer Suid-Afrika.
