Weskus & Sederberge Toer
Toer Suid-Afrika bied aan :
7 dag Weskus en Sederberge toer
Datums :
Februarie 2023
Prys :
(Beskikbaar by Navraag)
Ingesluit in die toer :
Toegangsfooie vir plekke wat ons besoek
Retoer vlugte
Toer Gidse
Portiergelde
Aandete, bed & ontbyt
Nie ingesluit by toer :
Fooi vir busbestuurder
Middagete en drankies vir u eie rekening
Laaste aandete.
7 dae Reisplan
Dag 1
Vandag vertrek ons vanaf Lanseria of OR Tambo lughawe. Ons arriveer in Kaapstad en word ingewag deur ons toerbus by die lughawe. Ons roete neem ons via Wellington, na die pragtige Piekenierskloof en Citrusdal. Stoppe sal gemaak word op die roete.
Ons oornag in piekenierskloof/Citrusdal. Aandete en ontbyt ingesluit. Drankies vir u eie rekening.
Dag 2
Na ‘n goeie nagrus en ontbyt, gaan verken ons die Sederberge en doen aan by Algeria. Die Sederberge is as Wildernisgebied verklaar in 1973. Hierdie 66811 ha berggebied is geleë in die Kaapse Blommestreek, een van Suid-Afrika se Wêreld-erfenisgebiede. As gevolg van die ysteroksiede daarin, is die Sederberge, met hul brand-oranje kleur, oorheersend in die landskap, en maak dit een van die mooiste bergreekse in SA.
Sandsteen formasies soos die Maltese Kruis, Wolfberg boog, en antieke San en Khoi rotskuns, maak hierdie gebied werklik asemrowend.
Ons besoek die Stadsaal grotte en Truitjieskraal in die Sentrale Sederberge. Stadsaal grotte is ‘n reuse koepel, uitgekalwe deur duisende jare se winderosie en ander weerfaktore. Daar is nog geskiedkundige graffiti wat bewaar gebly het, van beroemde politiese persone, soos die van DF Malan en Louis Leipoldt, van so ver terug as die laat 1800’s. ‘n Fotografie wonderwêreld van interessante rotsformasies wag in die Sederberge.
Truitjieskraal is nog ‘n pragtige area in die Sederberge, wat eens gedien het as oornagarea vir skape en ander vee wanneer daar met hulle getrek was tussen Winter en Somer weigebiede.
Laatmiddag kom ons in Clanwilliam aan, en oornag op aandete en ontbyt basis.
Dag 3
Na ontbyt gaan besoek ons die Pakhuispas om nog van die besondere sandsteenformasies te sien buite Clanwilliam, waar ons ook aandoen by die graf van Louis Leipoldt, een van die Sederberge en die streek se bekendste figure. Ons besoek ook die Rooibos Teehuis om meer te leer oor hierdie bekende inheemse en heilsame tee. Later besoek ons die Strassberger skoenfabriek, met hul tradisie van egte leerskoene.
Ons oornag in Vredendal op Aandete, bed, en Ontbyt basis. Middagete en drankies is vir u eie rekening.
Dag 4
Vandag besoek ons die mooi dorpies langs die Weskus. Lutzville, Strandfontein en Doringbaai, en eindig op Lambertsbaai. Die Sishen-Saldanha spoorlyn se bekendste brug oor die Olifantsrivier is naby Lutzville, ‘n klein nedersetting naby die groot riviermond van die Olifantsrivier, 300km vanaf Kaapstad.
Dag 5
Nog ‘n interessante dag op die Weskus wag, waar ons dorpies besoek soos Elandsbaai, Dwarskersbos, en Velddrift, waar ons Bokkomlaan besoek, eie aan die streek langs die Bergrivier. Daar word vis gesout, gedroog, en geprosesseer.
Ons oornag in Velddrift omgewing op Aandete, bed en Ontbyt basis. Middagete en drankies is vir u eie rekening.
Dag 6
Vandag besoek ons nog pragtige dorpe aan die Weskus, soos Langebaan, Paternoster, en Darling. Dan gaan ons na Kaapstad waar ons oornag by Stay Easy, Century City. Vanaand is u vry, en dit is ‘n geleentheid om u Kaapse familie en vriende te ontmoet en uit te gaan. Ontbyt die volgende oggend is ingesluit.
Dag 7
Vanoggend geniet ons ‘n heerlike ontbyt, en vertrek na Kirstenbosch Nasionale Botaniese tuin … wat ‘n pragtige plek om te sien en te ervaar in Kaapstad! Ongeveer om 12h00 vertrek ons na Kaapstad Internasionale Lughawe, vir ons vlug terug na Johannesburg.
Dit bring ons aan die einde van ons wonder-ervaring aan die Weskus en die Sederberge.
Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom op nog ‘n heerlike toer saam met Toer Suid-Afrika.
